Grondmikrobiologie-projek vir Afrika gestig

Trump’s presidency could be bad for SA agriculture
November 10, 2016
Biotech crops impact economy positively
November 14, 2016

Grondmikrobiologie-projek vir Afrika gestig

Navorsers van sewe Afrika-lande het onlangs by die Universiteit van Pretoria byeengekom om die Afrika Grondmikrobiologie-projek te stig. Dit is die eerste keer dat so ’n wetenskaplike studie oor grondmikrobiologie in sub-Sahara Afrika gedoen word. Die projek se doel is om verskillende organismes in diverse grondtipes en strukture oor verskeie streke in Afrika te ondersoek.

Die navorsing sal wetenskaplikes help om grondvrugbaarheid, degradasie en die toekomstige impak van klimaatverandering op grond en landbou-aktiwiteite beter te verstaan.

Mikrobiese organismes is noodsaaklik vir goeie landbou-produksie en bio-remediëring. Grondmikrobiolgie in kombinasie met klimaat- en grondgebruik-inligting sal na verwagting waardevolle hulpbronne vir navorsers en beleidmakers wees – onder meer om voedselsekerheid vir die toekoms te bestuur.

Via AgriOrbit